Toe
ek vroeg voor die Kraaines stilhou om my passasiers op te laai, het die son nog
nie eens ‘n gedagte om sy gesig vir die dag te wys nie.
Sussa
is gewapen met die dagboek en ek dink aan my eie vrag lêers agter in die
bakkie. So asof ons daaroor gepraat het, het ons elkeen afsonderlik besluit om
die papierwerk saam te neem. Net so vir ingeval …
Ek
waarsku al drie van hulle dat hulle nie in die bakkie mag rook nie.
“Julle moet maar sê as die uithou te
groot raak, dan kan ek stilhou. Maar weet ook net dat ek nie tyd wil mors nie.
Volgens Skippie is dit ‘n vêr pad.”
Duiker
wat voor langs my sit, snork deur sy neus:
“Ag ou Skippie se kop is lekker
bedonnerd, dis g’n só vêr nie. En jy kan ook nie die mense se gatte uit die
kooi gaan ja as jy voor brêkfis daar aankom nie.”
Ek
glo nie Skippie wat agter in die dubbelkajuit sit het hom gehoor nie, anders
sou hy nie so stil gebly het nie.
Die
bakkie se neus staan Suid-oos die Sandveld in. Ons ry nog teerpad, maar ek onthou
Skippie was baie pertinent oor die slegte grondpad wat ons nog gaan ry.
Ons
was skaars ‘n uur in die pad toe Duiker begin rondskuif. Ek weet hy wil rook,
maar hou hardgebak my aandag voor in die pad en maak of ek nie sy ongemak
raaksien nie.
Sussa
kom tot sy redding;
“Boeta as jy nie wil hê ou Duiker moet
die sitplek ‘n gat in kners nie, moet jy stilhou dat ons kan rook. Dan drink ons sommer koffie ook
wat ek in die mandjie het.”
Nadat
Sussa vir ons elkeen ‘n stomende beker koffie gegee het en elkeen van hulle
aangesteek het, verwys sy vir die eerste keer weer na die dagboek.
“Ek het gisteraand weer bietjie verder
gelees. Ou Netta het baie geraamtes in die kas. Ek trek nou daar waar sy vir
jou pa gesê het sy het ‘n miskraam gehad.”
Toe
ek haar vraend aankyk sê sy met klein bietjie ongeduld in haar stem.
“Jou ma het vir Loopdop gesê sy is
swanger toe trou hy haar en dit terwyl sy nie verwag het nie.?”
Die
vraagteken aan die einde van haar sin kom as ‘n beskuldiging dat ek nie luister
as sy my vertel wat sy in die dagboek lees nie.
“Ewenwel voor Loopdop te opgewonde kon
raak oor die kleintjie, toe gee Netta ‘n miskraam voor en sy sorg dat sy nie
swanger raak die kere wat sy nie jou pa se attensies kon ontwyk nie.”
Skippie
luister nou ook grootoor. Het hy dan nie die opmerking gemaak dat die kleintjie
die in lug verdamp het nie?
Hy
trap sy sigaretstompies in die sand dood en skop los grond daaroor terwyl hy sy
inset lewer:
“Ja-nee, dit kan mens van die ou koei verwag. Sy sou haar
nie laat voorpraat hoe om dinge te doen nie.”
Dis
ook hy wat vir Duiker en Sussa begin aanjaag dat ons nou weer bietjie tot ry
moet kom.
Sussa
skuif so dat sy tussen die voorstel sitplekke deur kan praat.
“En luister bietjie hier, sy het al
die jare ‘n verhouding gehad met niemand anders as Dirk Bruwer nie!”
Sy
laat die nuus in die lug hang en ek beleef weer die man se arrogansie toe hy
dit vir my gesê het. Ek gee glad nie te kenne dat ek dit weet nie.
Duiker
en Skippie daarinteen het hulle gewone gekruide reaksie:
Skippie
soos die aand toe Duiker vir hom gesê het ek is Loopdop Doep se kind;
“Not a fok!”
Duiker
se reaksie is meer intens. Ek skryf dit toe aan skok. Dit bly sy suster.
“Terwyl sy rondfok en haar man en kind
wat sy fokken nie kon verdra nie afskeep, maak die bliksem ons wys dat sy niks
met hom te doen wil hê nie.”
Ek
voel verlig dat ek dit geweet het voor Sussa se mededeling. Ek is egter meer
dankbaar dat ek nie nodig gehad het om dit vir hulle te sê nie.
Voor
Sussa verder kan vertel, beduie Skippie waar ek moet afdraai op die grondpad.
“Hoe
lank nog Skippie?” vra ek as die bakkie se wiele die stofstreep agter die
bakkie opskop.
“Nog so uur.” antwoord hy en haal sy
sigarette ingedagte uit sy sak. Sussa vat dit uit sy hand en druk dit terug in
sy hempsak. Terwyl sy net haar kop skud.
Ek
vang sy gesigsuitdrukking in die truspieël en ek kry hom amper jammer. Hy lyk
soos ‘n hond wat op die snoet geslaan is omdat hy vleis gesteel het.
Ek
besluit om deur te druk en nie die rokers weer kans te gee om te rook nie.
Dit
is stil in die bakkie want almal sit met afwagting en wag vir ons om die plaas
te bereik. Sussa hang nog steeds tussen die voorste sitplekke, gestut op haar
elmboë.
Toe
ek voor die toe plaashek stilhou, spring Duiker en Skippie gelyktydig uit om
dit oop te maak. Ek is seker as Sussa net nader aan die deur gesit het, sy ook sou
gepoog het.
So
in die sukkel om die hek oop te kry, word daar ook sigarette brandgemaak en dit
vat ekstra lank om die hek weer toe te kry.
Die
nou sandspoorpad wat ons na die huis toe vat. kronkel tussen gras en bosse
deur.
Die
lowergroen gras rondom die groot huis is ‘n salwing vir mens se oë na die vaal
van die pad.
As
ons onder die bloekombome stilhou kom ‘n jong vrou by die voordeur uit.
Sy
het lang donker hare en sy is mooi. Haar oë is treffend blou. Dit laat my aan
Ma en Duiker se oë dink.
Sy
trek haar klere reg. Duiker en Skippie bly sit in die bakkie terwyl ek en Sussa
uitklim.
“Môre – “ groet sy onseker.
Sussa
steek haar hand op ‘n distansie uit;
“Môre, ek is Sussa en hierdie is
Jannus du Plessis.”
Daar
is geen reaksie by die vrou nie. Dus ken sy nie die naam Jannus du Plessis nie.
Sy
versit haar gewig en kyk by my en Sussa verby na die twee manne in die bakkie.
Terwyl
ek haar hand skud is dit Sussa wat praat.
“Verskoon hulle tog maar. Seker maar
styf gesit.”
Die
vrou met die sagte stem praat as Sussa bakkie toe stap en die deure ooppluk as
aanduiding vir die twee om uit te klim.
“Aangename kennis. Ek is Marda Burger.
Waaraan het ons hierdie besoek te danke?”
Ek
trap ongemaklik rond
“Dis ‘n lang storie. As jy tyd het kan ons vertel?”
Sy
nooi ons nie by die huis in nie, laat ons by die ronde tafel in die tuin
sit. Sy verskoon haarself en gaan terug die
huis in.
Sonder
om te dink vra ek die vraag hardop vir geeneen in besonder nie:
“Waar de joos begin mens nou met
hierdie deurmekaar spul?”
Marda
antwoord agter my. Ek het haar nooit hoor uitkom nie.
“Begin maar, soos almal altyd sê, by
die begin”
Sy
gaan sit en ek besluit om by Ma se dood te begin. Dit is volgens my die begin
van hierdie deurmekaar nuwe lewe van my.
Terwyl
ek vertel van Ma wat dood is kom dit by my op om nie alles te vertel nie. Ek
vat dus kortpad na Pa se testament wat sê ek erf hierdie plaas.
Sy
frons en draai haar kop skeef.
“Dit klink vir my jou pa het nie sy
testament op datum gehou nie. Want ek is op hierdie plaas gebore.”
Sy
neem die wind vir ‘n wyle uit my seile. Maar ek ruk myself vinnig reg.
“As jy hier gebore is, neem ek aan die
plaas behoort aan jou pa?”
“Nee die plaas behoort aan my. Pappa
het die plaas op my naam geregistreer toe hy afgetree het. Nou boer ek hier.”
Ek
voel sotlik dat ek sommer ‘n aanname gemaak het. Ek raak ongeduldig want ek
voel dat die antwoord hier op hierdie plaas lê. Maar hoe kry ek dit uit haar?
Hoe stuur ek haar in die rigting van die antwoorde sonder om te voorop te
klink.
Dan
moet ek haar nou maar inspan met die hele ou morsige verhaal. Miskien is daar
iewers raakpunte wat ons aanmekaar kan
knoop.
“As jy dan nie omgee nie – Marda – sal
ek jou die verhaal moet vertel sodat jy weet hoekom ek hier is.”
Sy
is ‘n vrou van min woorde, maar haar oë spreek boekdele.
My
verhaal het nog nie gevorder sover as Ma wat vir Dirk en Babbels agter die duin
betrap het nie, toe daar nog twee bakkies op die werf aangejaag kom en met
stofstrepe stilhou.
Twee
groot manne breed van skouer en lank spring uit die bakkies uit. Boere van die
distrik, neem ek aan maar hulle kom aggresief voor en staan met gevoude,
bultende arms en gluur ons aan.
Die
grootste een van die twee wil weet;
“Alles reg by jou Marda?”
Skielik
maak dit vir my sin. Marda het haarself verskoon en versterkings laat kom vir
ingeval ons skurke is en haar op haar plaas wil oorrompel.
Ek
bars uit van die lag en dit klink bietjie kranksinnig. As ek sien hoe die ander
vir my kyk, sluk ek my lag.
Nadat
sy hulle verseker het dat alles reg is gaan hulle ook sit. Haar afwagtende blik
spoor my aan om verder te vertel.
Ek
besef nie hoe die tyd verby gaan terwyl ek die verhaal vertel nie. Sussa vul
hier en daar aan. Skippie en Duiker sit stil soos muise.
As
ek die verhaal wat so onwerklik soos fiksie klink afsluit, is daar ‘n oomblik
van stilte.
“Gee jy om as ek vir jou ‘n paar vrae
vra oor jou ouers?” probeer ek.
“My pa is Bertus Burger en Mamma is
Cora Burger.”
Ek
voel hoe dit in my ruk. Cora is mos ook die naam wat Dirk Bruwer genoem het.
“Wat was jou ma se nooiensvan?” Dit
voel of sy taai is om die inligting te gee en of ek nog baie trekwerk gaan moet
doen.
“Mamma se nooiensvan was Bruwer.” verskaf
sy die inligting sonder moeite.
Ek
glo sy kan
die ongeloof in my stem hoor as ek skerp vra:
“Bruwer?!! En jy is seker sy is nie
familie van Dirk Bruwer nie?”
Sy
skud haar kop ontkennend terwyl sy antwoord.
“Nee, Mamma is die enigste kind.”
Dit
tref my dat sy praat van ‘is’. Dit beteken haar ouers leef nog.
Dan
staan sy op;
“Kom ons gaan eet iets. Dit is al middag-tyd.
Kom Daan, Dawie, kom eet saam met ons”
Ek
wil opspring en vir haar skree dat ek nie wil eet nie. Dat ek antwoorde op my
vra wil hê. Dat ek teleurgestel is dat alles wat ek hier verwag het maar net
weer ‘n doodloopstraat is.
Ons
stap agter haar aan die huis binne. In die voorhuis hang familie-portrette teen
die muur. My oog vang die man in die een portret en ek skok in my spore vas.
“Wie is hierdie man en vrou in hierdie
foto?” vra ek dringend terwyl ek na die foto wys.
Marda
kom langs my staan;
“O dis Pappa en Mamma.” Sy kyk na my
asof sy van my verwag om te reageer. Dit is ook presies wat ek doen.
“Daar is nie ‘n manier dat die man in
hierdie foto jou pa Bertus Burger kan
wees nie. Want die man in hierdie portret is my pa Jannus du Plessis.”
Ek
kyk hulpsoekend oor my skouer na Duiker wat ook vinnig nader staan.
Daar
kom net twee fluister woorde oor sy lippe;
“Loopdop Doep!”
No comments:
Post a Comment