Thursday 31 July 2014

Passie van Himeros ...

 
Foto: Christo du Plessis


Hy voer haar met dadels en heuning
en balsem haar son-bruin lyf
met reukolie en nektar

Lê haar neer op die altaar van sy liefde
en laat haar lang donker hare soos
'n sluier oor die klippers van sy hart hang

Hy bedruip haar met die heilige water
uit die stroom van liefde wat hy diep
in die reënwoud gaan skep het


Hy plaas sy hande in seën
oor haar deinende heuwels
laat die soel herfsbries
in haar oor fluister van liefde
en maanligrose en hande
wat haar sal dra, wat haar sal beskerm
en 'n hart wat haar veilig sal hou

Dan salf hy haar met die passie
van Himeros in oorgawe as hulle
die paradys van hulle
eie vergetelheid betree

Hy sing vir haar liefdes-odes
sonder woorde of musiek
en sy hoor die fyn suiwer klanke 
van sy liefdesverklaring as haar
brose lyf saamsmelt met syne

 

No comments:

Post a Comment