Thursday 17 July 2014

My laaste roos vir jou ...

   
Foto: Magical Photo Memories


My laaste roos vir jou

Sien jy die rooi roos op my bors, my Lief?
Het jy die knal deur die lug hoor klief?
Voel jy ook die pyn in my hart, my Skat?
As jy jou vinger op my bors-roos sit – voel jy die koeël ronde gat?

Is die vog van die blom ook klewerig vir jou?
Word die helder lug rondom jou ook grou?
As jy jou hand oor jou oë druk,
Is dit vir jou ook of die donker jou insluk?

Is dit my kop wat jy teen jou bors vashou?
Is dit jóú snikke wat ek vir laas nog hoor – so rou?
Kyk my Lief, die blom het groter gegroei,
Terwyl in in jou hande bloei.

© Christo du Plessis

No comments:

Post a Comment