Thursday, 15 October 2015
Loopdop Doep se nasaat --- (Hoofstuk 8)
Dit
wat ek in die testament voor my lees, laat dit stil raak diep binne in my.
Ma
was ‘n multi-miljoenêr en sy het altyd daarna verwys hoe pa ons op die rand van
bankrotskap gelos het. Ons lewenswyse het egter die teendeel vertel.
Ek het
nie geweet wat studieskuld was nie.
My blik
dwaal na Duiker se groen bakkie en die onthou spring in my kop op van my bakkie
wat Ma vir my gekoop het om klas toe mee te ry.
Dit
was ook die Datsun 1200 soos Duiker s’n. Myne was net so kapoengeel met ‘n
donkerbruin vinyl dak.
Ek
glimlag stil in my binnekant aan die herinneringe wat met die einste bakkie
gepaard gaan.
Ek
Hier
moet iemand op die dorp wees wat vir my klarigheid
Sussa
trek weer Ma se lêer nader. Die vraagteken op haar gesig en die hand wat bokant
die lêer huiwer is duidelik. Sy vra toestemming om weer in die lêer te blaai.
Vir
‘n wonder is daar nie ‘n lang sigaret tussen haar vingers nie.
Met
die een hand blaai sy deur die papiere en die ander hand soek-soek na die
wynglas om ingedagte ‘n sluk te vat.
Terwyl
sy blaai
“Wie in hierdie dorp sal vir Ma en Pa
hulle testamente opgestel het?”
Duiker
sit sy elmboë op die tafel en steek ‘n vars sigaret aan. So tussen die rook
deur sluk hy eers aan sy dop voor hy antwoord.
“Vir Loopdop sou dit Giel Goosen
gewees het. Wie Netta s’n gedoen het weet ek nie. Sy het seker maar uitgewyk stad
toe. Want alles in hierdie dorp was mos fokken agterlik volgens haar.”
Sussa
trek ons aandag;
“Toe nie. Kyk na die briefhoof van die
verskillende testamente. Almal is G Goosen en Vennote.”
Ons
kyk afwagtend na haar toe terwyl sy verder blaai.
Heel
agter in die lêer trek sy ‘n dokument uit. Ook met Goosen se briefhoof.
Sy
hou die brief op soos ‘n skild.
“Hier is Loopdop se testament wat sê,
langslewende erf alles”
Sy
plaas die drie dokumente langs mekaar op die tafel tussen die dopglase wat sy
versigtig eenkant toe stoot.
Druk
met haar vinger op elke datum.
Skippie
steek vir haar ‘n sigaret aan en terwyl hy dit tussen haar vingers plaas sê sy
ietwat afwesig.
“Hierdie datums kom nie ooreen nie.
Duiker volgens jou was Loopdop se testament hierdie een wat praat van die
langslewende.”
Sy
maak eers tyd om haar longe met rook te vul, ‘n sluk rooiwyn te vat en dan
praat sy weer.
“Loopdop is in April 1985 vermis
geraak en later as dood aangegee.
Hierdie
testament wat uit Netta se lêer kom is volgens die datum opgestel in November
1979.”
Sy
laat haar woorde hang en Skippie maak van die geleentheid gebruik om sy
verveling te kenne te gee:
“As fok Sussa. Waar wil jy nou speuder
speel?” Hy spreek die woord ‘speel’ ook uit met ‘n eu-klank – ‘speul’
Sussa
vererg haar en druk die papiere onder sy neus in;
“Skippie, ‘n blinde
Sy
druk op die datum onder aan die testament wat uit Pa se lêer kom.
“Hier is die datum op Loopdop se
testament 18 Maart 1985.”
Sy
praat nie verder nie en haar stilbly spel “wat sê jy nou ou kêrel?”
Skippie
se “Tsaag!” gaan gepaard daarmee dat hy opstaan en vir hom sitplek in die kroeg
gaan soek.
Ons
sit vir ‘n wyle in stilte. Elkeen hou homself besig met sy eie verversings en
gedagtes.
My
gedagtes draai by Babbels en Dirk Bruwer. En hoekom sal Pa die plaas verkoop
aan die man wat die oorsaak is van al die ellende wat vir Ma, haar familie … en
op ‘n sekere manier ook vir my … getref het?
“Waar is hierdie plaas Driedraai wat
ter sprake is in die testament?” uiter ek die vraag in my kop hardop.
Ek
Sussa
blaas haar sigaret se rook oudergewoonte met die kop skeef gedraai die lug in.
Die
seemeeus wat in die pad sit, fladder-hop nader met die hoop hulle word gevoer.
Alhoewel
Duiker se tong swaar is, is sy spraak nog helder.
“Wat wil jy maak as jy weet.”
“Ek wil daarheen gaan natuurlik.
Miskien is daar antwoorde wat ek nie hier in die testamente kry nie.”
Hy
ruk sy breë skouers, wat al verkrom het met die ouderdom, so regop as moontlik;
“Is jy nou bedonnerd. Vir wat wil jy
syntoe gaan? Die man het nog die bliksemse vermetelheid om jou erfporsie onder
jou pa uit te koop en jy wil met hom gaan heul!”
Ek
vererg my vir hom. Hou my asem vir ‘n oomblik in om hom nie bars terug te
antwoord nie.
Die
vet weet hierdie mense het ‘n manier om ‘n ding te sê wat my stroop van al my
nerwe.
Met
‘n beduiwelde frons tussen die oë antwoord ek hom so kalm as moontlik;
“Die man het dalk die grond wettig gekoop
en nie onder Pa uit nie. As ek die testamente so bekyk is niks onder Pa
uitverkoop nie.”
Ek
beduie vir die kelner wat by die deur staan om vir my nog ‘n bier te bring.
Hy
doen dit sonder dat daar ‘n woord tussen ons gewissel word. Sussa hou hom met
‘n valkoog dop. Ek
Nadat
ek twee slukke van die bitter, yskoue bier geneem het, praat ek weer;
“En dit is soos Sussa sê, hier is
beslis met die testamente geknoei. Dit
My
gedagtes raak vlugtig aan Ma se begrafnis. Behalwe vir die klompie mense van
die Ouetehuis, was daar niemand anders nie.
Die
woord wat spreek; ‘mens sterf soos wat jy geleef het’ is beslis in haar geval
die waarheid.
Dit
voel vir my Duiker en Sussa is klaar gepraat van die dag. Maar ek wil nog vrae
vra en hoop maar ek gaan antwoorde kry.
“Waar
Sussa
verbreek haar stilte met die antwoord.
“Hy’s dood.” Kort, saaklik en
duidelik.
“Dood? My hel! Dis nou die toppunt.” bulder
ek dit uit. So luid dat die mense in die kroeg uitkyk.
Tòg
gee ek nie bes nie;
“Daar moet seker iemand wees wat saam
met hom gewerk het wat behoort te weet van die testamente!”
Hierdie
keer praat ek sagter, maar dit is duidelik aan die mense in die kroeg se
reaksie dat ek nie sag genoeg gepraat het nie.
Duiker
hou ons woordeloos dop. Skreefoog deur die rookwolke.
Sussa
trek strepe op die tafel met die water wat van die bierglas afloop terwyl sy my
onwillig antwoord;
“Ja, daar het.”
“Ag dammit Sussa. Moet ek nou alles
uit jou trek?” snerp ek.
Haar
donker oë kyk diep in my eie blou oë. Sy soek sekerheid of ek nog ‘n skok
Terwyl
sy my vas in die oë kyk antwoord sy sonder omhaal;
“Dirk Bruwer was sy vennoot.”
Haar
woorde pers byna my longe plat. My antwoord is so sag dat ek dink sy het nie
gehoor nie;
“Dirk Bruwer? Die man duik ook oral
op. Hoekom sou Ma ‘n testament by hom laat opstel?”
Sy
neem ‘n rukkie voordat sy my antwoord;
“Sy het nooit opgehou om lief te wees
vir hom nie. Hy wou niks met haar te doen gehad het nie en dit is hoekom Giel
die testamente hanteer het.
Wat
jou pa se testament aanbetref. Nie een van ons was bewus van so testament nie.
Moontlik sal Dirk weet wat aangaan.”
Sussa
het my ook nou stil gepraat.
Asof
Duiker my volgende gedagtes
“En dit help nie jy wil by hom gaan
neuk vir ‘n antwoord nie. Hy het lankal die fokken pad gevat.”
Sussa
help hom reg:
“Ag komaan Duiker, dis maar nou drie
maande wat hy uit die dorp is.”
Duiker
gluur haar aan. En ek
Sy
volgende woorde bevestig dit.
“Jy sal weet ja, want jy lê mos al
jare agter sy donnerse lyf aan al is hy oud genoeg om jou pa te wees en al het
hy ons soos die skuim van die aarde behandel met sy hoogmoedigheid.”
Sussa
se stem klap en sy beduie met haar vinger feitlik in Duiker se gesig:
“Bly stil jou verbitterde ouman. Jy
kon lankal met jou familie vrede gemaak het. Maar jy het verkies om kwaad te
bly vir die wêreld. Selfs toe Oupa met jou wou regmaak.
Jy
het nie net Ouma se hart in die proses gebreek nie …”
Duiker
val haar aggresief in die rede:
“Nou bly jy stil jou klein snotkop.
Onthou bietjie met wie jy praat.”
Sussa
staan nie terug nie en haar antwoord neem die wind uit my seile;
“Ja ek weet, net wanneer dit jou pas moet
ek onthou dat jy my pa is. Jy moet net onthou ek …”
Sy
bly onverwags stil en trek verwoed aan haar sigaret.
Sluk
die glas leeg met een teug en hou dit uit na die kelner vir ‘n hervul.
My
mond hang letterlik oop. Sussa, Duiker se dogter?! Waarheen gaan hierdie hele
ding? Watter verrassings wag nòg vir my?
Ek
het nog nie van my verdwasing herstel nie toe ek Duiker hoor uitroep;
“Agge nee my fok! Praat van die satan
…!
Ek
volg die rigting waarin hy kyk en sien ‘n lang regop man oor die straat
aangestap kom. Hy is netjies aangetrek. Glad geskeer met grys hare wat hy
agteroor kam. Hy maak beslis indruk.
Die
gevoel in my binnekant sê vir my; “Hier kom die onderwerp van die struweling –
Dirk Bruwer.”
Friday, 9 October 2015
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 7)
Skippie en Sussa sit reeds op die Kraaines se
stoep toe ons voor voor die gebou stop. Toe die bakkie doodruk voor die kroeg,
staan Sussa op om vir ons iets te drinke te gaan haal.
Ek en Duiker skuif langs mekaar op die witgeverfde
houtbankie, wat aan die tafel vas is, in. Die hout slaan al plek-plek deur. Die
plek kos regtig opknapping, dink ek so in die stilligheid.
Ek sluk stadige lang teue uit die bierglas. Kyk
van Skippie na Sussa wat oorkant ons
sit.
“Wil
julle iets uit die kombuis hê?” wil Sussa weet terwyl sy aan haar lang sigaret
trek.
“Ja
dit sal lekker wees.” koor Skippie en Duiker feitlik in een stem tussen die rookwolke
deur.
Sussa
skuif uit tussen die bank en tafel. Loop
kombuis toe sonder om te praat. Klaarblyklik weet sy wat die manne eet.
Terwyl
ons vir Sussa wag, sit ons drie in stilte en drink. Die stilte is ongemaklik.
Die gedagte dat die man langs my moontlik my oom is, wil nog nie vrede in my
kop maak nie. Ek sit en kyk na die see, nie vêr anderkant die pad nie. Die
branders kook en bruis soos in ‘n groot kookpot.
Die
wit skuimbranders slaan geweldadig teen die rots wat soos ‘n waterdruppel lyk
wat op sy sy lê.
Dan
vorm dit ‘n wit gordyn wat in stadige aksie terugval tot oor die rots net om
weer terug te vloei in die massa water.
Ek
het nie agtergekom dat Duiker my sit en dophou nie. Sy volgende woorde ruk my
terug na die stoep.
“Sussa noem dit sommer Splash Rock.”
Sy stem skuur skurf in my ore.
“Gepaste naam.” is al reaksie wat hy
van my kry.
Sussa
keer terug met ‘n kelner kort op haar hakke. Dié plaas ‘n groot bord in die
middel van die tafel met goudgebraaide chips, calamari, prawns, mossels,
krapstokkies en nog ander versnaperings daarop. Die witsous wat daarmee saamgaan,
lyk ryk en romerig en ek kan die knoffel daarin ruik. Onwillikeurig begin my
mond water.
Dis
eers as almal met ‘n bord vol eetgoed en ‘n vars dop voor hulle sit, wat Sussa
begin praat:
“Jy moet nou goed luister Seuna. Ek
weet nie of ons met ‘n riller of ‘n drama te doen het nie”
Skippie
snork deur sy neus: “Waar Netta betrokke is, sal dit ‘n drama wees wat in ‘n
riller ontaard.”
Hy
eet verder met sy vingers. Lek hulle af as hy dit diep in sy mond in druk en
met ‘n smak afsuig.
Ek
kyk tussen die kou deur met ‘n frons na Skippie. Hy verstaan die boodskap om
stil te bly en eet in stilte voort.
Sussa
gaan aan asof sy nooit onderbreek was nie. Sy druk gereeld iets in haar mond en
bêre die kousel in haar kies as sy haar storie hervat.
“Netta het haar verlowing met Dirk
verbreek en hom weggejaag. Wat sy nie geweet het nie, is dat jou ma, Babbels,
vir ‘n geruime tyd al ‘n verhouding met Jannus du Plessis gehad het.
Toe
Babbels agterkom sy is swanger, het sy dit vir Jannus vertel en hy wou met haar
trou en verantwoordelikheid aanvaar en die kind as sy eie aanneem.”
Sussa
onderbreek haar vertelling. Sy stoot die leë bord oor die tafel en wink vir die
kelner om die tafel te kom skoonmaak.
Duiker
en Skippie maak gebruik van die geleentheid om ‘n dop te bestel om die ete mee
af te sluk.
Die
drie van hulle maak hulle sigarette brand en ek sit terug om die laaste van my
bier te sluk.
Ek
roep agter die kelner aan. Onseker of sy my gehoor het; “Bring maar vir my ook
‘n hervul.”
En
ter nagedagtenis; “Asseblief”
Nou
wend ek my tot Sussa:
“Sussa, ek is nie seker ek hoor wat
ek hoor nie. Pa wou met haar, Babbels, my … ma trou. Hoekom het hulle nie? Het
jy sover gevorder met die boek?”
Ongeduld
slaan deur in my stem.
Sussa
tik liggies op my hand: “Ek kom daarby” antwoord sy rustig.
Sy
trek die wynglas nader. Draai haar kop skeef en druk haar ken in die lug terwyl
sy lank aan haar sigaret trek. Haar donker oë kyk af na my. Die poniestert
agter haar kop waaier weerskante van haar kop verby.
Sy
blaas die rook in die lug op en kyk my dan vas in die oë.
“Die naweek wat Jannus en Babbels
wou ouers vra, het die toeval dit ook so gesorg dat dit die naweek was wat
Netta die nuus wou kom breek van die verlowing wat verbreek is. Maar voor
Jannus die groot vraag kon vra, het Netta vir Babbels beetgekry en haar met
afpersing gedwing om vir Oupa te sê Dirk het haar ‘onteer’ soos dit in daardie
tyd genoem is en dat sy nie die baba wil hê nie.
Verder
moes Babbels vir Jannus afsê en dan sou Netta vir Jannus troos.”
“Afpers, met wat?” vra ek en kyk
Sussa skepties aan.
“Sy
het gedreig om vir Oupa te vertel dat Babbels ‘n verhouding met met ‘n getroude
man gehad het en dat sy vrou hom gelos het omdat Babbels sy kind verwag het.”
Sussa
trek behaaglik aan haar sigaret en gaan voort:
Dan wou sy wat Netta is, vir Oupa
vertel het dat sy haar verhouding met Dirk verbreek het omdat hy getroud is en
sy het ook uitgevind dat Dirk ‘n verhouding met Babbels het.
Babbels
het natuurlik teëgekap en gesê sy sal alles net ontken. Maar Netta was slinks
genoeg om ‘n brief te fabriseer wat lyk of dit van Dirk se vrou af kom waarin
dié alles openbaar het en Babbels se naam beslis aan die sogenaamde ‘getroude’ Dirk
gekoppel word.
Ons
luister in stilte na hierdie storie wat in my ore weerklink as die grootste
klomp bog wat ek nog gehoor het. Duiker verwoord my gedagtes op sy bar manier;
“Man dis nou ‘n pot stront!
Loopdop-Doep was g’n so slapgat nie.”
Sussa
maak vir Duiker stil met haar volgende woorde:
“Duiker sy het slinks te werk
gegaan. Ek is jammer dis jou suster, maar ek dink die duiwel was versigtig vir
haar. Volgens haar eie woorde in haar dagboek, was sy daarop uit om Babbels se
kind en man te steel. Sy het vir Jannus verlei en vir hom vertel sy is swanger
terwyl sy nie was nie.”
Skippie
wat tot nou toe stil was, slaat op die tafel dat die glase hop. Trek verwoed
aan sy dooie sigaret. Skiet dit verergd oor die stoepreëling en gooi sy woorde
soos dolosse oor die tafel;
“Die ou teef! En as ek net ‘n
vingertjie wou inkry was ek sedeloos en sy is glad nie so sonder standaarde
nie!
Hy
staan driftig op en stap die kroeg in. Maar voordat Sussa die res van hierdie
gru-verhaal kon voortsit is hy terug met ‘n skinkbord met ‘n dop vir elkeen van
ons.
Sy
sigaret hang on die hoek van sy mond.
Hy
klink aanvallend as hy met Sussa praat;
“En jy wil vir my sê ou Loopdop laat
hom wragtig so vang? En het die kleintjie in die fokken lug in verdwyn? Ek is
doof vir al hierdie kak wat ek nou hoor.”
Sussa
soek hulp in die rooiwyn in haar glas wat gereeld deur die kelner volgehou word
sonder sukkel.
Ek
is bly my longe behoort nie aan een van hulle nie. Hulle is verseker
kettingrokers. Alhoewel ek dankbaar is dat ons nie binne in die kroeg sit nie, voel
dit vir my of ek in ‘n massiewe rookwolk sit en deur die newels probeer sin
maak van al die onbekende goed wat ek van my veronderstelde ouers hoor.
“Wel ek het nuus vir julle wat ek
verklaar wil hê.” stuur ek die gesprek in ‘n nuwe rigting.
Ek
het onmiddellik al drie se aandag. As antwoord sit ek die lêer met Pa se
testament op die tafel.
“Volgens hierdie testament moes
julle twee …” ek beduie met my oë tussen Duiker en Skippie … “elkeen ‘n
diamantboot erf.”
Ek
laat die sin in die lug hang en hou hulle reaksie dop.
Dit
lyk of Duiker ‘n asma aanval kry soos hy na lug sit en hap. Skippie vryf sy
bles blink met die palm van sy hand met die sigaret tussen die vingers.
Duiker
kry sy asem oor sy stembande. Skor dog hoorbaar.
“Neeee, dis kak. Jou pa se testament
het gelees langslewende erf alles.”
Ek
skuif die lêer onder sy hande in. Sy hande is groot en bruin gebrand. Ten spyte
daarvan dat sy hande sigbare eelte op het, lyk dit goedversorgd en sterk.
Sussa
buk saam met hulle vooroor om die inligting op te slurp. Duiker se bril sit op
die punt van sy neus. Dit lyk uit plek en ongemaklik.
Terwyl
hulle die testament lees en bespreek hou ek die branders dop wat nog steeds
poog om Splash Rock stukkend te slaan.
Ek
kan steeds nie glo dat my lewe binne ‘n week so deur mekaar gebrou kon word
nie. Dit smaak vir my of ek in ‘n ander wêreld wakker geword het. Ek kry nie my
skape in die regte kraal nie. En hoe meer ek sukkel hoe meer krap die noodlot my
kole deurmekaar.
Dis
Sussa wat wil weet; “Boeta het jy jou ma se pampiere ook hier? Laat ons kyk wat
daarin staan?”
Ek
gee vir haar die lêer sonder om iets te sê.
Sy
lees in stilte die dokumente en sit ‘n ruk kop onderste bo voordat sy kopskuddend
sê:
“Boeta jy is so ryk jy kan hierdie
hele dorp van ons koop en dan kan jy nog change ook kry om my pozzy te koop.”
Sy beduie met haar duim oor haar skouer na die oop voordeur van die kroeg
waaruit die gedruis van stemme stroom soos ‘n swerm bye. Elke nou en dan styg
‘n stem bo die ander uit en word dit afgewissel deur ‘n skril lag.
Ek
staar Sussa aan asof sy van ‘n ander planeet is. Trek die papiere nader en lees
die asembenemende bedrag van R225 miljoen.
Sunday, 27 September 2015
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 6)
“Liewe blik ... “ Ek knip
die kragwoord kort. Ek is nog nie twee dae in hierdie hardebaarde se
teenwoordigheid nie of ek neig ook al om soos ‘n matroos te vloek.
Ek kyk beskuldigend na Duiker; “Moet my nou nie weer stil maak nie. Maar
dit lyk my hierdie Babbels-vrou wat klaarblyklik my ma is, was nie net ‘n
flerrie nie, sy was … sy was …”
Die woord wat ek wil uiter steek in my keel vas.
Dan moet ek maar ‘n eufemisme inwerk om nie so bar soos hierdie twee
seemanne te klink nie:
“… losbandig, om die
minste daarvan te sê” gooi ek dit in Duiker se skoot.
As ek sien sy mond gaan oop om iets te sê, lig ek my wysvinger op en
maak hom stil.
“Jy kan nie stry nie Duiker! Daar staan dit
geskrywe, swart op wit!”
Duiker hou sy glas voor sy mond sonder om ‘n sluk te neem. Dan beduie hy
in my rigting met die glas.
“Man, gisteraand het jy
my ge-oom, nou raak jy fokken astrant.”
Daarop kap ek dadelik terug omdat ek in hierdie kort tyd agtergekom het
dat hy die oorhand oor jou kry as jy hom ‘n halwe kans gee.
“Gisteraand het ek aan
skok gely. Hier is nog nêrens bewys dat jy enigsins, op enige manier aan my
verwant is nie.”
Ek kan
sien my woorde tref waar hy dit nie wil hê nie. En as ‘n bok gekwes is, moet jy
hom die doodskoot gee.
“En jy maak vir Ma so
sleg. Maar kyk wat vang jou …” die klank in my stem grens aan sarkasme; “…
dierbare, jongste sustertjie, Babbels aan.”
Skippie en Sussa is stil. Hulle volg die gesprek tussen ons soos ‘n
tenniswedstryd. Heen en weer draai hulle koppe in die rigting van die spreker.
Duiker kyk van my na Sussa. Hy soek ook antwoorde. Dit kan ek sien. Maar hy gaan ook nie toelaat
dat enige mens die beeld wat hy al die jare van Babbels ronddra, vernietig of
beskadig nie.
Hy steek sy sigaret aan en beduie met die sigaret tussen sy wys- en
middelvinger na die boek.
“Lees Sussa! Lees daardie
ou mal koei se boek dat hierdie klein kont sy woorde kan sluk.”
Ek lig my hand op en skud my kop:
“Nee Sussa asseblief nie.
Ek het genoeg drama vir een dag gehad. As jy nie omgee nie, los ek die boek by
jou en dan lees jy dit. As daar iets noemenswaardig gebeur het, dan kan jy dit sommer vir my
vertel.”
Sy kyk vraend na Duiker en Skippie asof sy ook hulle toestemming nodig
het.
Skippie kom tot antwoord vir haar;
“Ja Sus, ek dink dis ‘n
goeie voorstel van die klong. Want ek sien ook nie kans om te hoor hoe ou Suurgat Netta my hart
en lewer in die stofpad fyn getrap het nie.”
Vir ‘n tweede keer sak my mond oop vanoggend. Ek is diep in my wese
verras. En ek verstaan skielik hoekom Skippie so dwars is oor Ma.
Skippie was of IS dalk nog verlief op Ma en sy het sy hart gebreek.
Ek kyk meer aandagtig na Skippie. Hy is verniel van al die jare op die
oopsee.
Hy is bles en groot sproete is op sy bles ingebrand. Die hare wat tussen
die bles en grys deur sigbaar is verklap dat hy ‘n rooikop was op sy dag.
“Skippie …” Ek wag dat hy
my antwoord
Hy frons diep en vat eers ‘n moedskep sluk uit die glas voordat hy
antwoord;
“Wat? Wil jy nou met my
beginne kak soek?” Sy deurmekaar linker wenkbrou word hoog opgetrek as hy my
aangluur.
“Is jy ook sogenaamd
familie van my?” ek vra dit vermakerig. Want soos ek darem die afgelope dag en
‘n bietjie familie bygekry het, is verstommend.
Ek draai na Sussa toe; “En jy Sussa, waar pas jy in die familieverband
in?”
Dis egter Duiker wat praat en sy stem is koud:
“Mens kan sien Netta het
jou in jou moer in grootgemaak. Want jy het geen respekte vir grootmense nie.
Lyk Skip en Sussa vir jou na jou maat?”
Ek swyg en hy gaan teregwysend voort: “Jy het seker ook jou kinders
geleer dis okay om so fokken ongemanierd te wees. En jy like dit seker as ‘n
ander man so donners lelik praat met jou vrou.”
Sussa wat tot nou toe net ‘n woord hier en daar geuiter het sit haar
hand sag
oor Duiker s’n as sy met my praat;
“Het jy kinders Jannus?”
My naam klink vreemd uit haar mond.
Ek is spyt dat ek so sarkasties was met haar maar wys dit nie reguit
nie.
“Nee Sussa. Of altans nie
waarvan ek weet nie. Ek is ook nie getroud nie.”
Die twee manne is nou stil en luister na my en Sussa se gesprek;
“Was jy nog nooit getroud
nie, of …?
Sy laat die ‘of’ in die lug hang. So asof sy nie kan besluit of sy “geskei” of “wewenaar”
moet invul nie.
Daar is bietjie meer warmte in my stem as ek sê:
“Ek was nog nooit getroud
nie. Ek was bang ek dra Ma se liefdelose houding na my vrou en kinders toe
oor.”
Sy tuit haar lippe en klik haar tong drie kortes na mekaar terwyl sy
haar kop skud.
“Shame jou arme ding! Netta
het jou verseker opgebogger. Hoe oud is jy nou Jannus?”
Ek sou reken aangesien hulle so alles van my weet, hulle dit seker ook
sou weet en moet myself inhou om dit nie vir haar so te sê nie.
“Ek is een en veertig.”
Ek antwoord vinnig sonder om uit te brei.
Sy glimlag warm met meegevoel; “Toemaar kind, jy sal nog regkom.”
Ek besluit daar en dan om vir Sussa te vra om my met ma se kamer te gaan
help.
“… net vir die vroue
goeters wat daar is. Ek sal nie daarvan hou om aan Ma se klein-klere te vat
nie.”
Toe sy instem staan ek op.
“Ek sal jou moreoggend
hier kom oplaai Sussa. Hoe laat is reg vir jou?”
Ons maak die tyd op 10:00
vas en ek stap deur toe. Sussa stap saam om die deur weer agter my toe te
sluit.
Net voor ek by die deur uitgaan draai ek skielik om en vra vir niemand
in die besonder nie;
“Hoe is Pa oorlede?”
Duiker se rug bly om my gekeer as hy binnensmond antwoord:
“Hy het vermis geraak op
see.”
Ek druk die deur toe en stap weer na die kroeg toonbank toe.
“Maar jy het gisteraand
gesê ma het julle by die begrafnis weggejaag.”
Dis meer ‘n stelling al ‘n vraag.
Hy antwoord byna traak-my-nie-agtig;
Julle noem dit deesdae ‘n
roudiens. Dan is die man ter sprake ook mos nie teenwoordig nie.”
Sonder om iets verder te sê of te groet, verlaat ek die kroeg en ry so
vinnig moontlik huistoe.
My kop draai van al die inligting en ek kry die voorgevoel dat ek die
helfte nog nie weet nie.
Miskien moet ek die dagboek by Sussa gaan haal en dit self verder lees.
Sonder ‘n gehoor.
Die blote gedagte daaraan maak my tot sterwens toe moeg en ek besluit om
die saak more weer in heroorweging te neem.
Die personeel by die Tehuis ontvang vir my en Sussa hartlik. Dit is net
teetyd en ons word genooi om eers saam met hulle tee te drink.
Sussa wys dit van die hand; “Ons wil maar so gou moontlik klaarmaak.”
Ek trek die laaikas in die een hoek van die vertrek, se linkerkantste
boonste laai oop. Dit is netjies en daar is nie ‘n ding uit sy plek nie.
Daar is vier lêers saam met nog ‘n paar pakke dokumente in met toue
vasgebind.
Ek haal die lêers uit en lees hardop wat voor opgeskryf is.
“Huis / Motor Versekering
en Medies, Testament van JML du Plessis, Testament van JA du Plessis en op die
laaste lêer, Babbels Oosthuizen.”
Sussa ruk tot stilstand waar sy besig is om ma se klere uit die kas te
haal. Dit lyk of sy versteen het.
“Is alles reg met jou
Sussa?” wil ek besorgd weet.
Sy draai stokkerig om, kyk nie na my nie, maar na die lêers wat ek
vashou.
Sy is ook ietwat kortasem as sy praat:
“Ek dink nie jy moet
daardie lêers te diep bêre nie. Dit kan
dalk dokumente bevat wat jy gaan nodig kry vir die begrafnis.”
Ek sit dit eenkant en gaan aan met die inpakkery.
Toe ek weer vir Sussa by die Kraaines gaan aflaai bied sy aan om die
lêers vir my veilig te bewaar. Ek wys dit van die hand en herinner haar aan die
dagboek wat sy moet lees.
Terug by die huis maak ek vir my koffie en gaan sit voor op die stoep
met die pak dokumente.
Omdat ek eerder meer van Pa te wete wil kom maak ek die lêer oop wat
aandui dat dit sy testament is.
Die eerste bladsy bevat, soos gewoonlik al die regsaspekte en dinge van
minder belang.
Ek blaai om en my oë gly oor die bladsye.
“Laaste wil en testament
… Jannus Adriaan du Plessis … bemaak soos volg … JML du Plessis … slegs vruggebruik
van die eiendom te Voortrekkerstraat … moet op my seun Jannus Adriaan … se naam
geregistreer word sodra hy 25 is.
… kontantbedrag van R4’250’000.00 aan vrou … moet geld gebruik om
haarself en seun te versorg en studies te betaal …
… drie diamant bote … as volg … Perseus …aan my swaer en vriend Andries (Duiker) Kotzé.
… Pegasus … vriend Sarel (Skippie) Fryer…
… Aquarius … seun …”
Ek frons toe ek die volgende sin lees.
“Die Aquarius moet deur Andries Kotzé namens my seun bedryf word. Geen
gelde of inkomste wat met die Aquarius verdien word mag aan my vrou JML du Plessis
oorbetaal word of deur haar hanteer word nie.
Alle inkomste moet in die Trustfonds gestig vir hierdie doel oorbetaal
word en op ouderdom 30 aan my seun …
… “kontantbedrag van R2’725’000.00 ook in Trustfonds …
… plaas Driedraai aan … Babbels Kotzé…”
Ek hou op lees en kyk op. Waar gaan al hierdie goed heen? Waar is die
plaas Driedraai waarvan ek nie bewus is nie?
Bly Babbels nou op die plaas?
Wat het van die diamant bote geword?
Is die huis op my naam geregistreer?
Hoekom is Pa so adamant dat Ma nie die trustgeld mag hanteer nie?
Die vrae maal soos ‘n kolk deur my kop. Miskien kan Duiker-hulle meer lig werp.
Die onderwerp in my gedagtes hou met ‘n vaart voor die huis stil. Duiker
se groot lyf vou dubbel as hy homself uit die klein Datsun bakkie wurm.
Hy kom haastig op my afgestap. Die groet en praat is alles in een:
“Mirrag Boeta kom kroeg
toe, Sussa het groot nuus raakgelees.”
Ek kan
sy dringendheid aanvoel en mors nie tyd nie. Sluit die deur en met Pa se
testament lêer onder die arm, klim ek saam met Duiker in sy springkaan-groen
bakkie.
Subscribe to:
Posts (Atom)