Monday 29 July 2013

My "nuwe" kontrei - Lambertsbaai ...


More Liewe vrinne.

So is dit nou dan ook dat ek my tweede week in Lambertsbaai aan die Weskus deur gebring het. Wat 'n ryk ervaring. En natuurlik is ek die winter nie gespaar nie. Want dit reen en dit is koud (volgens die mense hier is dit koud). Maar ek het nog nie 'n baadjie nodig nie.

Ek het gisteraand sommer deel geraak van die toeriste vereniging. En my heel eerste taak daar is om 'n fietsrit te reel op die ou pad tussen Lambertsbaai en Clanwilliam. Dit is die pad wat die ou boere gebruik het en op die pad is daar tydens die Anglo Boere oorlog 'n linie blokhuise gebou. Nou reken ek die hele ding kan ek dan bemark as die "Lambertsbaai / Clanwilliam blokhuis dikwiel fietsfees".

Vanoggend gaan ek die pad vat en die dorp verken om te sien wat is te koop wat nie op ons boeke is nie.
Hou asb aan om vir my te bid. Ek geniet dit erg hier. Maar daar is twee dinge wat my nog onderkry. Die rustigheid en die mense se vriendelikheid.


Lambertsbaai is vanjaar 100 jaar oud. En ons beplan 'n groot fees vir die 13de Desember. Dit word vooraf gegaan met ander kleiner verrigtinge. So pak die kar en kom vier fees saam met Lambertsbaai.

Nou ja dis my kontrei nuus vir eers. Soos die dinge gebeur sal ek julle vertel

Groetnis

1 comment:

  1. Hoe gaan dit jong? Ons het al gewonder en onder mekaar begin vra na jou wel en weƫ. Dit lyk darem of jy jouself inburger. Sterkte en groete hier van Plot 765 af. Geniet jou verblyf daar. Pat en Irene.

    ReplyDelete