Wanneer
Babbels ons kom roep vir ontbyt voel my mond soos kurk en ek is lus om die ete
van die hand te wys.
Toe
ons egter aansit en ek die kos ruik, weet ek dat honger is.
My
gedagtes loop die draaie wat my sterwensbesoek aan Netta alles meegebring het.
My
werk as Entomoloog het my nie ryk gemaak nie. Maar ek leef goed in my
drieslaapkamerhuis in die ooste van Pretoria.
Ek
kon die ander twee slaapkamers inrig as kantoor en laboratorium sonder moeite
en my daar uitleef.
Aangesien
ek geglo het ek is ‘n alleenkind sonder noemenswaardige familie het ek met
niemand probeer kontak hou nie. In retrospek glo ek dat ek bang was die kontak
met familie my te veel sou herinner aan my liefdelose kinderlewe saam met Netta
na Pa se dood.
Ek
word eers weer van my omgewing bewus as die ander mense rondom die tafel begin
opstaan. Ek besef ek het geëet sonder om werklik te proe waarna die kos smaak.
Duiker,
Sussa en Skippie maak verskoning om te gaan rook en stap uit.
Ek
kyk na die drie huisbewoners sonder om te praat, draai om en loop agter Duiker
hulle aan.
Ek
vind hulle onder die groot Peperboom. Duiker is besig om vir Skippie en Sussa
op hoogte te bring van die gesprek vanoggend.
Skippie
se gekruide reaksie vertel duidelik wat hy dink.
“Not a fok! En hier kry ek myself al
hierdie donnerse jare jammer omdat die ou teef my nie wou hê nie. Sy het in die
tronk gehoort. Sy het my hart uit my borskas geruk en vir die fokken meeus
gevoer, newwer maaind gebreek.”
Hy
spreek die ‘never mind’ plat uit.
Asof
afgespreek kyk al drie gelyk na my kant toe. Duiker is die een wat die vrae
begin vra:
“Wat gaan jy nou met al daardie
miljoene maak wat ou skelm Netta jou nagelaat het?
“Ek gaan dit vir Pa teruggee.” kom dit
sonder aarseling.
Stilte,
al geluid wat hoorbaar is, die trek aan die sigarette en die harde uitblaas van
die rook.
Voor
een van hulle kan
reageer kom Pa, Babbels en Marda uit en gaan sit op die stoep.
My
maag gee ‘n draai as ek na Marda kyk. Sy is beeldskoon in my oë. Ek moet myself
egter hard aanspreek.
“Jy is simpel Jannus du Plessis. Sy is
jou stiefsuster. Bloed van jou bloed.”
Dis
nog ‘n gedagte waaraan ek sal moet gewoond raak. Maar tot dan sal ek my
verlustig in haar skoonheid.
Ons
almal gaan sit op die stoep in afwagting dat Pa en Babbels die verhaal verder
vat.
Ek
voel ‘n ligte hoofpyn in my slape klop. Ek is verbaas dat dit al is wat pyn.
Duiker
se ongeduld slaan deur in sy stem:
“Nou Loopdop, laat ek hoor, hoekom
lewe jy nog?”
Hy
laat dit klink of Pa nie die reg het om te lewe nie.
“Netta het my gevra om ‘n inlander te
vat om te gaan diepsee visvang. Ons het voordag uitgegaan. Kleintjie sou
saamgaan maar het die een of ander skeet gehad. Toe is ek en die vister alleen
uit. Ons het skaars lyne nagemaak toe probeer die man my mos van agter af
oorboord druk. Maar kyk, ek wis mos van vasstaan op ‘n skuit. Toe ek hom op die
dek vaspen en dreig om sy keel met die vismes af te sny, kom hy met die hele
sak patats vorendag. Netta en Dirk het hom gehuur om my te laat wegraak. Vermis
op see”
Ek
hoor hoe Marda en Sussa hulle asems skerp intrek. Babbels sit oënskynlik
rustig. Sy ken duidelik al die feite.
“Ek het hom die keuse gegee. Hy laat
my gaan en ek kla hom nie aan vir poging tot moord nie of hy gaan oorboord. Ek
het geweet as ek ‘n veiligheidsbaadjie en die reddingsboei het, sal ek by die
land uitkom. Of hy geweet het hoe om weer terug te kom in die hawe was sy
saak.”
My
lewensverhaal is besig om te ontaard in ‘n riller. Ek haal swaar asem, voel hoe
die inligting my longe saampers.
Ek
kyk onverwags op en sien Marda se blik op my. Ek is ongemaklik. Dit voel of sy kan lees wat in my
binnekant aangaan.
Duiker
blyk die man te wees wat al die vrae vra:
“Nou hoekom defok toe jy uitkom gaan
jy nie huis toe en konfronteer die bitch nie?”
Pa
se stem is sag as hy antwoord.
“Ek het geweet ek het in my testament
goed voorsiening vir my klong gemaak. Hy sou nie swaarkry nie. En noem my
lafhartig maar ek het dit as ‘n uitkoms gesien. Teen daardie tyd was Dirk al
vir jare weer in Netta se lewe. Hulle het gedink ek weet dit nie. Sou ek ‘n
saak gaan maak, so was my gedagtes, ontneem ek my klong van sy ma.”
Duiker
val hom skerp in die rede:
“Toe verkies jy om fokken dood te gaan
en jy los die klong vir wie jy kwansuis so bliksems lief was by ‘n liefdelose
vrou.”
Pa
kyk verskonend na my toe hy antwoord;
“Toe het ek dit nie geweet nie. Ek het
geglo dis die beste vir hom en my.”
“Kan ons asseblief net klaarkry met
dit alles.” Ek voel aggresie in my opbou.
“Ek ken myself nie meer nie. Julle vee
die verlede wat ek ken uit en vul dit met ‘n grustorie en julle kry nie klaar
nie.”
Marda
se oë rus sag op my en die opwelling in my borskas spreek my medelye met haar
uit, want sy is maar in dieselfde ellende as ek
Asof
hy nooit onderbreek is nie gaan Pa aan:
“Ek het terug gegaan daarheen waar ek
die gelukkigste tyd van my lewe gehad het, saam met Babbels. Daar sou ek vir my
‘n nuwe lewe bou met die neseier wat ek deur die jare vir myself gespaar het
sonder dat Netta daarvan bewus was.”
Babbels
vul haar man se storie aan:
“Ek het op daardie stadium by die bank
gewerk. En dit is waar ons mekaar weer raakgeloop het. Ons het kennis met
mekaar uitgeruil en toe besluit om vir jou pa ook ‘n nuwe identiteit te kry.”
Marda
spring met so vaart van haar stoel af op dat dit omval.
“Ek … Ek … Pappa … Mamma, julle is dus
nooit wettig getroud nie! Nou kan
ek ook vra ‘Hoekom?’ Hoekom het julle net aan julle self gedink?”
Voordat
een van hulle kan antwoord, hardloop sy om die huis die veld in. As ek mik om agter haar aan te gaan sê Pa:
“Los haar, sy het baie om te verwerk
en jy sal haar nie nou meer inhaal nie. Sy is stalle toe. Vandag ontgeld
daardie swart hings dit weer.”
Toe
daar ‘n ongemaklike stilte rondom ons draal, verbreek Sussa dit:
“Ek sal vanaand verder in die dagboek
lees of Netta iets daarvan sê dat sy jou verdwyning beplan het.”
Niemand
antwoord nie. Duisende gedagtes maal deur my kop, maar ek kry dit nie in vrae
geformuleer nie.
Dis
weer Sussa wat tot my redding kom:
“Oom Loopdop, wat was die laaste
testament wat jy opgestel het?”
Pa
frons effens;
“Ek het in my lewe nog net een
testament opgestel. En daarin het ek uiteengesit dat my klong die grootste
gedeelte van alles erf. Daar moes ‘n Trustfonds gewees het wat aan hom sou
uitbetaal toe hy vyf-en-twintig geraak het. Hoekom vra jy?”
Dis
ek wat hom antwoord as Sussa en Duiker sprakeloos vir mekaar kyk.
“Ek het tussen … haar papiere twee
testamente gekry. Volgens die datums op die onderskeie dokumente was die laaste
geldige testament die een wat sê die langslewende erf alles.”
Pa
laat sak sy kop. Skud dit stadig heen en weer. Hy kyk vinnig van Skippie na
Duiker na my:
“En Duiker jy en Skip-hier het nie
geweet ek het vir julle elkeen een van die diamantbote gelos nie?”
“Nee, natuurlik nie. Hoe de donner kon
ons as ou skelm Netta fokken alles gesteel het deur ‘n vervalste testament?”
Dis Skippie wat skielik so heftig reageer. Tot sy bles is rooi van die
driftigheid.
Ek
voel dit is nou die regte tyd om die geld in Netta se testament te noem.
“Ek was Netta se enigste erfgenaam.
Maar ek wil die geld nie hê nie. Pa kan
dit alles terug kry. Ek het goed genoeg vir myself gesorg.”
Pa
kry ‘n ligte glimlag om sy mond. Sy oë kreukel en ek sien hom weer soos in my
kinderdae wanneer hy vir my van die sewe susters vertel het.
“Nee my kind, ek wil nie daardie geld
hê nie. Ek het goed vir myself gesorg en is vandag ‘n ryk man. As jy nie die
geld wil hê nie gee dit weg vir liefdadigheid. Of mors dit op luukshede uit.
Gee dit weg vir jou vriende of vergeet dit in ‘n tas op die stasie.”
Hy
vat Babbels se hand. Kyk teer en diep in haar oë;
Hier het ek die grootste rykdom wat
enige man kan
begeer. My vrou.
Ons
het die plaas op haar kamstig eertydse getroude van gekoop. Later het ons dit
verander en dit op Marda se naam gesit. Sy weet dit nog nie.”
“O, nou verstaan ek hoekom die roemer
geloop het dat daai fokken verkragter die plaas gekoop het. Hy’t seker weer gelieg
om sy aansien op te druk.” reageer Duiker.
Pa
help hom reg.
“Nee hy het nie geweet nie. Ek weet
Netta het geweet dat dit ‘n Bruwer is wat die plaas gekoop het. Sy het seker
maar die gerug versprei.”
Na
‘n tyd wat vir my soos ‘n ewigheid voel, sien ek vir Marda in die voetpaadjie
aankom. Haar gesig is rooi. Ek weet nie of dit die son of ontsteltenis is nie.
Ek
moet maak dat ek terug kom in Pretoria .
Ek het niks van hierdie hele deurmekaar spul verwag nie. Maar die minste van
alles het ek verwag om te kom staan en verlief raak. En DIT op my eie
bloedsuster.
My
kop moet skoon kom en hier gaan dit nie gebeur nie.
Met
die opstaanslag spreek ek vir Pa-hulle aan.
“Pa ek dink ons moet nou ry. Ek het
baie inligting om deur te werk. As Sussa die dagboek verder lees en daar duik
nog vrae op kan
ons maar weer kom. Maar ek moet nou eers terug na my eie werk toe.”
Marda
se nors: “Wag vir my ek wil saam met julle ry” en Ma se verslae
“Marda-kindjie…” laat my weer sit.
Ek
wil dan reeds wegkom van hierdie mooie meisiekind af en nou gaan sy my treiter
deur saam te wil ry.
Pa
staan op streel oor Ma se hare:
“Ek sal met haar gaan praat Liefde.”
Vir
my sê hy: “Terwyl ek daar binne besig is dink ek julle moet ry want hier is nog
‘n magdom goed wat tussen ons en ons dogter gesê moet word.
Hy
draai om loop die huis binne en ek beleef vir die soveelste keer in my lewe
verwerping.
Sonder
om iets te sê stap ek bakkie toe. Dan onthou ek dat die bakkie kwansuis ‘n
meganiese probleem het. Ek het egter nie nou tyd vir bog nie en blaf oor my
skouer vir Skippie en Duiker om dit kom herstel terwyl ek met my duim in die
rigting van die bakkie beduie.
Hulle
is vlug van begrip. Spring op en begin voor onder die enjinkap werskaf.
Ek
klim agter die stuurwiel in maar maak nie die deur toe nie. Sussa staan buite om
‘n laaste sigaret te rook want sy weet daar gaan nie gestop word voordat ek
hulle by die Kraaines aflaai nie.
Dis
eers as Ma sag aan my elmboog raak wat ek van haar bewus raak. Sy staan dig by
my. Tóg voel ek nie ongemaklik met haar in my persoonlike spasie nie.
“Jannus my kind, moet hom nie te hard
oordeel nie. Hy het gedoen wat hy gedink het beste vir jou sal wees. En hy het
dit nie maklik gehad nie. Ek pleit vandag by jou, as jy iemand wil kwalik neem
omdat hy gedoen het wat hy gedoen, het moet jy my kwalik neem. Ek het hom
omgepraat om ‘n nuwe identiteit aan te neem.”
Sy
praat nog maar haar stem verdof in my ore. Ek voel hoe die harde kors rondom my
hart kraak. ‘n Skrefie oopmaak om haar diep in my wese toe te laat. ‘n Vreemde
gevoel neem pos in my. ‘n Gevoel wat ek laas gevoel het met die wete dat Pa aan
my gedink het as hy nie by die huis was nie.
Die
warm gevoel wat my omring het wanneer hy vir my van die sewe susters vertel
het.
Ek
sit my hande op haar skouers en druk haar weg van my af, net vir die oomblik
wat dit my neem om uit die bakkie te klim. Dan trek ek haar teen my bors vas.
Vou my arms om die vrou wie se gene deur my vloei.
Ewe
onbewus van die drie pare oë voor die bakkie wat ons aanstaar, is ek van die
twee figure wat op die stoep tot stilstand kom.
Asof
dit tweede natuur is, soen ek haar sag in haar hare op haar kroontjie. Dan sê
ek sag by haar oor.
“Dis alles reg … Ma … Dis alles reg.”
Pa
en Marda kom nader. Kom staan dig by ons. Pa sit sy een arm om Ma. Die ander
arm het hy om Marda maar hy strek sy hand om my aan die skouer te vat.
Dit
is vir my ‘n heilige oomblik. Emosies waarvan ek nog nooit bewus was nie speel
in my op en af. Vul my met ‘n gevoel van volheid … tevredenheid.
Toe
ek opkyk wanneer Pa praat, sien ek die trane wat onbeskaamd oor sy wange loop.
“Kom ons gaan terug huistoe. Daar is
nog baie dinge wat ons van mekaar moet leer. Kom my seun.”
Die
sewe van ons gaan weer op die stoep sit en dit laat my onwillikeurig aan die
verhaal van die sewe susters dink. Pa se verhaal het sewe susters in. My
verhaal het sewe mense in wat in ‘n kort tyd my lewensverhaal geword het.
Pa is aan die woord:
“Met jou geboorte het die derderangse
vroedvrou wat Netta en Dirk by jou ma gelos het soveel skade veroorsaak dat die
dokter later vir ons gesê sy sal nie weer kan swanger raak nie. Na vele behandelings
en dinge het ons vir klein Marda ryker geword.”
Ma
neem sy storie vir die soveelste keer oor. Maar dit pla nie. Dit laat hulle
eerder meer na ‘n eenheid voel. ‘n Verenigde front wat al baie aanslae moes
trotseer en deurleef.
“Toe ek haar as klein bondeltjie in my
arms hou was ons vreugde en ons hartseer ewe groot. Vreugde dat ons die kans gegun is om hierdie
lieflike dogtertjie groot te maak. Maar hartseer omdat ons, ons eersgeborene
moes afstaan aan swendelaars en …”
As
Pa se hand ferm oor Ma s’n sluit raak sy stil. Hy maak die opmerking met ‘n
kraak in sy stem:
“Nou het ons hulle albei weer onder
ons dak my Liefde.”
Vir
die eerste keer vandat Pa en Marda by ons aangesluit het praat sy;
“Gelukkig het Pappa en Mamma my met
die grootste liefde denkbaar liefgehad. Al hierdie nuwe dinge wat ek nou moes
hoor kan
egter nie daardie liefde vernietig nie. Om te
dink ek het ‘n broer wat ook eintlik nie ‘n broer is nie want hy is so oud soos
‘n oom.”
Daar
speel duiwels in haar oë as sy na my kyk. Pa en Ma glimlag in mekaar se oë.
Hulle liefde vir mekaar is tasbaar.
Vir
‘n korte oomblik was ek oortuig ek is verlief op hierdie lieflike meisiekind
voor my. Nou weet ek dis dieselfde toegeneë beskerming wat ek voel oopmaak het
met Ma.
Skielik
is selfs die vloekende Duiker en Skippie my mense. En Sussa wat haar hande vol
het met die twee ruwe diamante. En ek weet iewers gaan ek die vrou wat my ook
in liefde sal laat glo, raakloop.
Die
gedagte om my kantoor en huis in Pretoria op te gee en Weskus toe te trek,
speel impulsief deur my.
Ek
glimlag vir die eerste keer in baie jare spontaan as ek vir Pa, Duiker en
Skippie waarneem. Hulle het groot planne. Sien sommer weer kans vir die see op
hulle ouderdom.
Die
drie is so tuis in mekaar se geselskap soos ‘n vlooi op ‘n straatbrak.
Dis
Ma wat wil weet wat my planne nou is.
“Wanneer beplan jy om terug te gaan my
kind?”
Ek
kyk met ‘n stil glimlag van die een na die ander:
“Ek dink aangesien my hele familie nou
hier aan die Westekant van die land vasgeskop het moet ek maar my lappe loop
pak en ook aankom die kant toe Ma.”
Ek
kan sien sy
is erg in haar noppies met die aanspreekvorm
“Dan kom koop ek ‘n lekker groot boot
en vat die ouens wat diepseevis wil gaan vang, uit.”
Ek
wys na die drie manne wat soos stout seuns lyk; “Ek het mos darem nou drie
manne wat soutwater in hulle are het wat vir my die ding kan bedryf.”
Sussa
gee my ‘n klap op die rug:
“En dan koop jy my pozzie, dan kan ek
eerder die toergroep aan die gang kry waaroor ek al so lankal droom.”
Die
voorstelle begin aanklank vind in my. Ek sal mos nou nie met die wete dat ek by
die huis gekom het, hier kan weggaan nie.
My
rustelose siel gaan lê in kalm water terwyl ek
gelukkig na my mense se drome en praatjies luister en ek weet dit sal die regte
ding wees om my sake hier te kom vestig.
©
Zymrly 12 Desember 2015